My liefste liefste Marlo....
Vandag het mamma die begeerte in my hart om vir jou te sê: Ek is lief vir jou.
Dis vir mamma so belangrik, dat jy daai woorde ken. En ek wil hê jy moet weet hoe kompleks en betekenisvol die woorde is wanneer hulle van mamma af kom. Mamma probeer dit so baie vir jou sê, maar ek wonder dikwels of jy presies weet wat ek bedoel as ek sê, ek is lief vir jou.
Jy, my mooiste kind, moet mamma se liefde altyd as vanselfsprekend aanvaar want dit maak nie saak wanneer, hoe of hoekom nie, mamma sal jou vir altyd en altyd lief hê. Jy moet weet dat mamma jou net so goed ken soos jy jou eie naam ken. Mamma liefde was en is jou heel eerste liefde, en dit sal jou hele leeftyd daar wees, selfs lank nadat ek weg is en mamma 'n engeltjie in die hemel is.
Mamma skryf vandag vir jou, net vir ingeval, as jy dalk ooit wonder, oor die woorde "ek is lief vir jou"...
Wanneer mamma sê ek is lief vir jou, is dit meer as 'n natuurlike gevoel wat 'n ma vir haar kind het. Dis iets waarlik, eerlik en sonder enige bybedoelings. Dis net daar... en sal altyd daar wees.
Dit beteken dat ek die hele tyd aan jou dink, sonder ophou. Maak nie saam waarmee ek besig is nie. Daar is te veel kere om te tel, presies hoeveel keer 'n dag jy in mamma se gedagtes is. As ek aan jou dink, kan dit 'n eenvoudige hoop wees dat jy die beste van elke toekomstige en huidige oomblik sal maak. As jy so deur die dag by skool is, hoop ek dikwels dat jy tevrede en gelukkig is, dat jy geduldig is, dat jy jouself leer of uitgedaag of selfs net geniet. Glo dit of nie, maar mamma worry elke liewe sekonde van elke minuut oor jou. Dis wie ek is... dis hoekom ek jou Mamma is.
As jy hier by die huis is, hoop ek die huis is rustig en gemaklik. Mamma wonder soms of jy genoeg speelgoed het. As jy saam met maaitjies is, hoop ek dat jy lag en gelukkig is. Mamma hoop dat almal saam met jou speel en dat niemand jou terg of spot of nie. Mamma hoop dat jy eendag sal verstaan, wat 'n beste vriend is. Want jy sien my kind, almal het ware vriende nodig.
Ek wens jy was al oud genoeg om te besef, dat my liefde veel meer is, as net bewondering. Mamma se liefde vir jou, is meer as trots vir wie jy is en vir wat jy nog eendag sal word. Mamma se liefde vir jou is 'n standvastige hoop wat nooit sal dof raak nie.
Ek is lief vir jou, ook omdat jy die persoon is vir wie ek alles sal stop en sal nadink, solank dit altyd in jou beste belange is. Mamma wil altyd net vir jou die beste gee en doen. Weet dit altyd asseblief my kind.
As jy my ooit nodig het, is dit belangrik vir mamma, dat jy weet, ek is reg langs jou. En al is mamma eendag nie meer fisies saam met jou nie, belowe ek, Mamma sal altyd jou hand vashou. Mamma sal jou altyd vas hou. Ek is altyd naby my kind. Mamma sal jou altyd vorentoe lei. Mamma is daar vir alles wat jy nodig het. Maak nie saak waar jy is nie, mamma is met jou. Maak nie saak wat nie, jy kan my altyd net roep. So wanneer jy by die deur uitloop en jy hoor my sê, tatta my kind, ek is lief vir jou! Onthou, dit is wat my woorde beteken.
Want jy sien klein Marlo, omdat ek jou mamma is, is my liefde deel van jou fondasie. Ek is deel van jou menswees, jou hart, jou persoonlikheid, net soos jy deel is van my.
So klein soos jy is, het my liefde jou gehelp om te groei in wie jy vandag is. Maar mamma weet dit is nie genoeg nie. Ek hoop jy sal eendag as jy groot is, jou volle waarde van jouself ken, al is jy nederig en grasieus. Ek hoop dat mamma se liefde jou hart sal help het om sterk en eerlik te wees, maar tog ook kwesbaar te wees. Mamma hoop al jou toekomstige pogings is dapper, maar versigtig. Mamma hoop dat jou hart altyd vrygewig sal wees, maar dat jy eendag sal besef, dat jy self soms liefies gaan nodig kry. En dit sal dan ok wees om so te voel. My grootse wens is dat jy altyd moet glo dat jy genoeg is om hierdie wêreld 'n bietjie beter te maak. Wanneer mamma jou vertel, ek is lief vir jou, herinner ek jou ook om in jouself te glo en jouself lief te hê vir wie jy is.
Wanneer mamma spesiale dinge vir jou doen, is dit nie om te hoor dat jy sê "dankie" of om te kyk vir jou waardering nie. Dit is 'n ander manier om te sê ek is lief vir jou. Want dis wat mammas doen.
Wees altyd die mens wie jou verbeelding wens om te wees.
Soms gaan jy wonder hoekom ek jou hemp gestryk het toe jy my nie gevra het nie of hoekom mamma twee aande in 'n ry jou gunsteling kos gemaak het of hoekom mamma altyd seker maak dat jy genoeg warm klere aan het of dat jy hou hoedjie op jou kop het as dit koud is buite of dat jy jou rainboots aanhet as dit nat buite is... Mamma doen al hierdie dinge omdat ek jou klein bietjie wil troos en vreugde gee, selfs al sien jy dit nog nie raak nie.
Ongelukkig my klein superman, kan my liefde vir jou, nie jou foute uitvee nie.
Mamma sal jou nie altyd kan vang voor jy val nie.
Mamma sal jou nie altyd kan beskerm teen hartseer of mislukkings nie.
Maar my liefde vir jou is hoekom ek altyd wil hê wat vir jou die beste is. En terwyl dit dalk goed is, kan dit nie altyd die maklikste wees nie, maar jy kan seker wees dat ek altyd tyd sal hê om jou aan te moedig, te ondersteun of om jou te troos.
Dit maak nie saak hoe ver jy is of hoe oud ons albei word nie...
Dit maak nie saak hoeveel jare verby gaan nie, of hoeveel kinders jy eendag van jou eie gaan hê nie...
Jy, my liefste Marlo, sal altyd die vuur in my hart wees... Die grootste vreugde in my herinneringe... En die rede waarom ek soms wakker en bekommerd bly. Mamma sal jou liefhê op jou gelukkigste dae, ek sal jou liefhê deur jou laagste punte, en ek sal jou liefhê as jy my hart breek. Hierdie liefde van my vir jou, sal duisend verskillende vorms aanneem, maar dit sal nooit verander nie. Dit belowe mamma jou.
Mamma hoop, jy sal altyd weet wat dit beteken as ek sê ek is lief vir jou... vir altyd en altyd!
Van
Jou Mamma xxx