Vandag skryf mamma vir jou oor iets amazing... Nee wag, eintlik oor iets onbeskryflik amazing... Ek skryf oor JOU... Jy wat my inspirasie is, wat my trots is, jy wat my lewe is.. Jy wat 'n klein little legend is.
Dis al ampertjies 2 jaar terug wat mamma jou amper verloor het... Dis amper 2 jaar terug toe mamma geleer het, wat die krag van gebed en hoe geloof in ons God, 'n mens se lewe kan verander. Dis amper 2 jaar terug, wat mamma op haar kniee gaan sit het en God gesmeek het om plekke met jou te ruil.
My liefste kind, 2 jaar terug die tyd was nie 'n grap nie. Dit was die moeilikste tyd in my lewe. 'n Tyd waar ek gedink het, die lig nie weer sal skyn nie. 'n Tyd waar ek dag na dag net rond gedwaal het soos 'n spook... My lewe het stil gestaan en my trane het nooit opgedroog nie. 'n Tyd wat ek kwaad en hartseer was vir almal en alles. Mamma was nog nooit so verlore soos daai tyd toe ons moes sien hoe jy in die hospitaal baklei vir jou lewe nie. Mamma sou enige iets gegee het om jou net te kon vashou. Ek het God gesmeek om my liewer te vat en om jou lewe te spaar... Ek het God gesmeek om alles asseblief net weer ok te maak. Ek wou met alles wat in my is, jou net optel, jou vashou, jou sien lag.
Maar kom Mamma vertel vir jou die storie, soos ek hom onthou...
Soos God dit beplan het, het Mamma nie daai oggend gaan werk nie. As ek reg onthou het ek 'n migraine of so iets gehad. Ek het die werk laat weet ek sal dit nie kan inmaak nie en nadat jy en Pappa gery het, het mamma terug in die bed geklim. Toe kry Mamma die oproep van Pappa af....
Mamma het
so vinnig soos ek kon, klere aangetrek en hospitaal toe gejaag. Ek het nie geweet wat om te verwag sou ek daaraan kom nie. Ek was omtrent in 'n toestand.
Ek onthou nog,
die arme dametjie agter die toonbank by die hospitaal kon sien iets groot is fout.
Ek onthou nog, toe ek die vorms moes teken, het my hande so gebewe ek het nie
eers my eie handtekening erken nie. Ek het kort kort om die hoek geloer. Ek was
ingelig julle is nog oppad en sou binnekort daar wees. Ek wou skree. Ek wou
huil. Ek wou jou net sien en vashou. Ek wou net my kind sien en weet alles is ok.
Soos dit moes, het ouma my gebel op daai
stadium wat ek hospitaal toe gejaag het. Ouma het dadelik in haar kar geklim en
na jou toe gehaas. Ek was in ‘n toestand en was verlore. Ek dink nie ek het al ooit so baie
gebid het soos daai dag nie.
Ek wou jou net sien, maar die dokters het my nie toegelaat by jou tot
hulle klaar was met hulle ondersoek nie. Ek het op en af en op en af geloop,
dan gesit, dan weer opgestaan, my foon gevat en pappa gebel. Die dokter het
eers gesê sy dink jy het ’n beroerte gehad, want jou linker armpie het glad nie
beweeg nie. Ek kon voel hoe die hol kol op maag net groter en groter word... Niemand het een woord van goeie nuus gegee nie. Alles was die een negatiewe diagnose na die ander... Dit het my gebreek.
“Asb Here help my kind” is al wat ek gebid het, sonder ophou,
sonder twyfel. Terwyl ek, ouma en jou juffrou angstig in die wagkamer gesit en
wag het op nuus oor jou, het jou juffrou vir my soveel keer verduidelik wat gebeur het. Ek het probeer kop hou, probeer verstaan, maar my gedagtes was by
jou. Ek kan tot vandag nie presies onthou wat gebeur het met jou nie. Op daai
stadium het ek gesien hoe pappa met ‘n storm in die hospitaal se gang afloop.
Daai drukkie was, wat my staande gehou het. Dit het vir my gevoel asof ek net
daar en dan nie meer verder krag gehad het, vir dit wat kon kom nie. Maar soos gewoonlik soos Pappa maar altyd doen, het hy my getroos en moed ingepraat.
Jou klein lyfie was vol naalde, plakkers en drade. Ek het net na jou lyfie
gestaar. Ek kon nie glo wat ek voor my gesien het nie. Jy het glad nie gereageer nie. My wêreld het in mekaar gestort en alles om my het gaan stil staan. Ek het
gebid my kind, vir jou, vir my en vir pappa. Ek het God gesmeek om jou net
terug te gee. Ek gee nie om watter skade jy sou oorhou nie, ek wou jou net
terug hê. Ek wou met jou plekke ruil. Ek wou met alles wat in my is, jou net lewe
gee en jou ogies sien oopgaan. Ek wou jou optel, jou kielie tot jy lag. Maar ek
kon nie. Die klein seuntjie wat daar gelê het, was amper soos ‘n vreemdeling. Geen
beweging nie. Net jou asemhaling was vir ons ‘n teken dat jy lewe... Dit was
ons hoop. Dit was ons krag.
Ek
weet nie waar mamma die krag gekry het daai dag nie, maar ek het net probeer
kophou. Om te sien dat jou lewe afgehang het, van die kennis wat ‘n dokter en
mediese personeel het, is soveel meer moeiliker om te aanvaar en te verstaan as enige iets anders. Ek wou jou
help. Mamma wou dit vir jou beter maak. Maar ek kon nie my kind, al wou ek hoe graag.
Ons het inspanning gewag vir antwoorde van die dokter af. "Gaan ons seuntjie ok wees?" "Gaan ons hom binnekort kan vashou?" "Wanneer kan ons jou
huistoe vat?" Ek weet nie presies hoe lank dit geduur het nie, maar toe die
dokter ons weer sien, het sy net gesê jy moet dadelik ICU toe gaan. Ons was
meegedeel dat indien jy sou oorleef, sou jy maande lank in die hospitaal wees.
Jy was so klein, so onskuldig. Soveel toetse is op jou gedoen... Mamma het so verskriklik gehuil my engel kind... vir jou seer, vir ons seer...
Daai eerste aand toe moes jy teater toe gaan. Hulle wou seker maak dat al die kossies uit
jou longe is. Jy het daai aand so rustig gelê terwyl hulle jou in jou hospitaal
bedjie teater toe gestoot het. Mamma and pappa het inspanning gewag vir jou om
terug te kom... Dit was goeie nuus, daar wees geen kossies in jou longe oor wat
jou verder kon siek maak nie. Dit was die eerste keer daai dag wat ons goeie nuus oor jou gekry het.
Jy was terug na die ICU saal toe... dit was een van die moeilikste dinge gewees om jou
daar te los... Mamma wou nie... Mamma wou langs jou inkruip. Mamma wou daar wag
tot jy wakker word sodat ek weer jou gesiggie kon sien lag as ek jou voete
kielie. Maar die hospitaal reels was streng. Ons kon onder geen omstandighede by jou bly
nie. Ons mag jou eers weer die volgende oggend elfuur gesien het... Om jou daar
te gelos het, was my breekpunt. Pappa het my net styfvas gehou soos ons in die gang
afgeloop het.Toe die ICU saal se deur agter my toegemaak het, het dit gevoel
asof ek jou klaar verloor het. Mamma wou jou regtig nie daar los nie.
Dis verbasend hoe stil die huis sonder jou was... Mamma het nooit besef
hoeveel stilte daar is, as jou laggie nie deur die huis gehoor word nie. Mamma
kan net onthou, ek het so baie gehuil... Pappa het getroos, terwyl sy eie trane
oor sy wange gerol het... Ek het vir pappa soveel keer gevra “Hoe is dit
moontlik?”. “Hoeveel pyn en seer moet ons nog verduur?”
Na 2 daggies in die hospitaal wou jy steeds nie wakker word nie... Die dokter was bekommerd. Hulle het 'n MRI gedoen en dit het gewys jy het bloedspikkels op die brein en daar was baie bloed agter jou ogies. Jy het ook konvulsies begin kry. Jou koors het die hoogtes ingeskiet. Die een spesialis na die ander het jou kom ondersoek. Hulle het jou hartjie gemonitor, jou brein golwe, jou asemhaling en jou bloeddruk. Dit was die een toets na die ander.
Jou dokter het ons gebel en gevra ons moet haar gaan sien by haar spreek kamer. Daai dag was seker een van die ergste oomblikke van my lewe. Jou dokter het ons ingelig dat dinge nie goed lyk nie. Ons moes ons voorberei op die ergste... Mamma wou net daar en dan nie meer lewe nie, want hoe lewe 'n mamma sonder haar klein seuntjie? Hoe aanvaar 'n mamma so iets?
Die dokter het gesê daar sal 'n 90% kans wees dat jy gaan blind wees, want die bloed agter jou ogies is net te veel. Jy sou vir 'n baie baie lang tyd op medikasie moes wees om die konvulsies te keer, wat ons dan eers sou weet of jy nog konvulsies gaan kry of nie. Hulle moes vir jou kossies gegee het deur 'n voedingsbuis wat deur jou neuse geloop het na jou magie toe. Dit was vir ons baie erg my kind. Ons het nie meer geweet wat om te doen of hoe om te voel nie.
My kind... In die tydjie wat jy in die hospitaal was, het soveel mense vir jou gebid. Soveel mense het in die aande vir jou kersies aangesteek en vir jou gebid. Mense wat ons nie geken het nie, het vir jou boodskappies gestuur. Een aand, toe ek Pappa met besoek tyd by die hospitaal aankom, sien ons 'n klomp bikers daar staan... Min wetend dat hulle daar was vir jou. Die Pastoor, (Pastoor Klein Koos) het so bietjie met ons gesels, uitgevind wat gebeur het, en dadelik geweet, dat gebed die enigste medisyne vir jou en vir ons sou wees. Net God kon jou red my kind. Jy het nog nie eenkeer vandat jy in die hospitaal was, jou ogies oopgemaak nie. Ons het nie eenkeer jou groot blou ogies sien glimlag nie. Ons was bang, want ons het nie geweet of jy dit sou oorleef nie. Daai aand, (so bang soos mens maar gewoonlik vir bikers is) het hulle almal 'n sirkel om ons gemaak en die Pastoor het vir ons gebid. Die Pastoor het ons daai aand die Woord van God laat verstaan, laat glo en ons het besef dis ons wat nou op God moet vertrou... Die Pastoor het gesê, as ons daai aand langs jou bedjie staan, moet ons, ons handjie op jou kop neersit en vir jou bid. Ons moet God vra om jou te genees en ons moet GLO dat God jou gaan genees.
My kind, besoek tyd was amper verby... Ek onthou nog, Pappa het sy handjie op jou kop gesit, sy ogies toegemaak en saggies gebid. Sy lippe het gebewe, want die emosies wat ons daai aand gevoel het, is onbeskryflik. Ek het my ogies saam toegemaak. Net voordat ek Pappa jou wou nag soen, toe maak jou jy ogies vir die eerste keer oop. God het gewerk met jou, op elke moontlike manier. Dis toe wat mamma besef het, dis net God wat in beheer is.... Pastoor en die res van die bikers maatjies het vir jou kom bid my kind, wat hulle het geweet God sou alles weer reg maak.
Elke liewe dag het jy bietjie beter en bietjie beter geword... Twee weke later, kon ons jou huistoe vat. En die beste van alles... Jy my kind, makeer vandag niks nie. Jy kan sien en is nie blind nie. Jy is op geen medikasie nie. Jy is 'n normale 2 jarige seuntjie, soos enige ander. Hoe amazing is ons God nie?
Jy sien klein Marlo, jy is hier vir ‘n rede. Een wat net ek en jy en
pappa sal verstaan. God het geweet ons het jou in ons lewe nodig. God het 'n plan van die begin af gehad. Ons moes net eers aanvaar en op God vertrou.
Dis ‘n hartseer verhaal, wat eindig in iets mooi, in iets waar en eerlik. Ek hoop eendag sal jy hierdie storie lees en besef hoe spesiaal jy is. Daar is nog so baie om te vertel, briefies en prentjies om jou te wys, maar dit kan wag tot jy 'n bietjie groter is...
Dis ‘n hartseer verhaal, wat eindig in iets mooi, in iets waar en eerlik. Ek hoop eendag sal jy hierdie storie lees en besef hoe spesiaal jy is. Daar is nog so baie om te vertel, briefies en prentjies om jou te wys, maar dit kan wag tot jy 'n bietjie groter is...
En kyk nou net waar is jy vandag... Jy word al amper 3 jaartjies oud... So klein soos jy is my kind, kan jy al onderskei tussen 'n kar, 'n trok, 'n bus en "lorrie". In jou eie babataal tel jy al 1 - 2 - 3... a - b - c ... Jy weet al van wat is gesiggie was en tande borsel... Jou gunsteling liedjies sing jy sommer al volle bors uit... Jy het al soveel bereik my engel kind. Soms wonder hierdie mamma van jou nie of die tyd te vinnig verby gaan nie. Mamma wens jy wil altyd net my babatjie bly.
Jou verhaal is een van seer, maar ook van geluk my kind. Jy gaan nog eendag besef hoekom ons God jou gespaar het... Jy gaan nog jou wonderwerk kan deel met mense wat oor jou pad gaan kom, en jy my kind, gaan hulle laat glo in ons God, met jou storie.
Jy is hier vir 'n rede my kind... God het nog lank nie, jou storie klaar geskryf nie!
Jy is mamma en pappa se hart se punt. Jy is die opkikkering in ons huis. Jou boetie en sussie is jou alles... Jy is op daai stadium waar jy al self na hulle soek as hulle nie by ons is nie... Dis so pragtig om te sien dat julle drie'tjies 'n band van liefde en familie bou op so jong ouderdom. Dis so mooi om te sien, watter verskil elkeen van julle in mekaar en in ons lewe maak.
Wees altyd, die sterk mens my kind. Jy het op so klein ouderdom, soveel oorkom en soveel aangepak. Jy het bly veg en jy het gewen. Ek hoop jy sal onthou om nooit ooit op te gee nie, maak nie saak hoe moeilik die pad vorentoe is nie. Jy is en sal altyd 'n wenner wees. Moet nooit in jouself twyfel nie en moet nooit in jou God twyfel nie. Wees altyd bedagsaam, bid en wees net jouself... Die ander stukkies van die puzzle van jou lewe sal vanself in plek val. God, sal jou dra deur moeilike, gelukkig en hartseer tye. Mamma en Pappa sal altyd daar wees... Maak nie saak wat nie.
Dankie my klein superman, vir die pragtige kind wat jy is. Dankie dat jy daai tyd nooit opgegee het nie, maar aanhou veg het... Jy is my little legend, my held!
Met al my liefde,
Jou nommer een "fan"...
Mamma
♥♥♥
Wees altyd, die sterk mens my kind. Jy het op so klein ouderdom, soveel oorkom en soveel aangepak. Jy het bly veg en jy het gewen. Ek hoop jy sal onthou om nooit ooit op te gee nie, maak nie saak hoe moeilik die pad vorentoe is nie. Jy is en sal altyd 'n wenner wees. Moet nooit in jouself twyfel nie en moet nooit in jou God twyfel nie. Wees altyd bedagsaam, bid en wees net jouself... Die ander stukkies van die puzzle van jou lewe sal vanself in plek val. God, sal jou dra deur moeilike, gelukkig en hartseer tye. Mamma en Pappa sal altyd daar wees... Maak nie saak wat nie.
Dankie my klein superman, vir die pragtige kind wat jy is. Dankie dat jy daai tyd nooit opgegee het nie, maar aanhou veg het... Jy is my little legend, my held!
Met al my liefde,
Jou nommer een "fan"...
Mamma
♥♥♥
No comments:
Post a Comment