My liefste liefste Marlo....
Vandag het mamma die begeerte in my hart om vir jou te sê: Ek is lief vir jou.
Dis vir mamma so belangrik, dat jy daai woorde ken. En ek wil hê jy moet weet hoe kompleks en betekenisvol die woorde is wanneer hulle van mamma af kom. Mamma probeer dit so baie vir jou sê, maar ek wonder dikwels of jy presies weet wat ek bedoel as ek sê, ek is lief vir jou.
Jy, my mooiste kind, moet mamma se liefde altyd as vanselfsprekend aanvaar want dit maak nie saak wanneer, hoe of hoekom nie, mamma sal jou vir altyd en altyd lief hê. Jy moet weet dat mamma jou net so goed ken soos jy jou eie naam ken. Mamma liefde was en is jou heel eerste liefde, en dit sal jou hele leeftyd daar wees, selfs lank nadat ek weg is en mamma 'n engeltjie in die hemel is.
Mamma skryf vandag vir jou, net vir ingeval, as jy dalk ooit wonder, oor die woorde "ek is lief vir jou"...
Wanneer mamma sê ek is lief vir jou, is dit meer as 'n natuurlike gevoel wat 'n ma vir haar kind het. Dis iets waarlik, eerlik en sonder enige bybedoelings. Dis net daar... en sal altyd daar wees.
Dit beteken dat ek die hele tyd aan jou dink, sonder ophou. Maak nie saam waarmee ek besig is nie. Daar is te veel kere om te tel, presies hoeveel keer 'n dag jy in mamma se gedagtes is. As ek aan jou dink, kan dit 'n eenvoudige hoop wees dat jy die beste van elke toekomstige en huidige oomblik sal maak. As jy so deur die dag by skool is, hoop ek dikwels dat jy tevrede en gelukkig is, dat jy geduldig is, dat jy jouself leer of uitgedaag of selfs net geniet. Glo dit of nie, maar mamma worry elke liewe sekonde van elke minuut oor jou. Dis wie ek is... dis hoekom ek jou Mamma is.
As jy hier by die huis is, hoop ek die huis is rustig en gemaklik. Mamma wonder soms of jy genoeg speelgoed het. As jy saam met maaitjies is, hoop ek dat jy lag en gelukkig is. Mamma hoop dat almal saam met jou speel en dat niemand jou terg of spot of nie. Mamma hoop dat jy eendag sal verstaan, wat 'n beste vriend is. Want jy sien my kind, almal het ware vriende nodig.
Ek wens jy was al oud genoeg om te besef, dat my liefde veel meer is, as net bewondering. Mamma se liefde vir jou, is meer as trots vir wie jy is en vir wat jy nog eendag sal word. Mamma se liefde vir jou is 'n standvastige hoop wat nooit sal dof raak nie.
Ek is lief vir jou, ook omdat jy die persoon is vir wie ek alles sal stop en sal nadink, solank dit altyd in jou beste belange is. Mamma wil altyd net vir jou die beste gee en doen. Weet dit altyd asseblief my kind.
As jy my ooit nodig het, is dit belangrik vir mamma, dat jy weet, ek is reg langs jou. En al is mamma eendag nie meer fisies saam met jou nie, belowe ek, Mamma sal altyd jou hand vashou. Mamma sal jou altyd vas hou. Ek is altyd naby my kind. Mamma sal jou altyd vorentoe lei. Mamma is daar vir alles wat jy nodig het. Maak nie saak waar jy is nie, mamma is met jou. Maak nie saak wat nie, jy kan my altyd net roep. So wanneer jy by die deur uitloop en jy hoor my sê, tatta my kind, ek is lief vir jou! Onthou, dit is wat my woorde beteken.
Want jy sien klein Marlo, omdat ek jou mamma is, is my liefde deel van jou fondasie. Ek is deel van jou menswees, jou hart, jou persoonlikheid, net soos jy deel is van my.
So klein soos jy is, het my liefde jou gehelp om te groei in wie jy vandag is. Maar mamma weet dit is nie genoeg nie. Ek hoop jy sal eendag as jy groot is, jou volle waarde van jouself ken, al is jy nederig en grasieus. Ek hoop dat mamma se liefde jou hart sal help het om sterk en eerlik te wees, maar tog ook kwesbaar te wees. Mamma hoop al jou toekomstige pogings is dapper, maar versigtig. Mamma hoop dat jou hart altyd vrygewig sal wees, maar dat jy eendag sal besef, dat jy self soms liefies gaan nodig kry. En dit sal dan ok wees om so te voel. My grootse wens is dat jy altyd moet glo dat jy genoeg is om hierdie wêreld 'n bietjie beter te maak. Wanneer mamma jou vertel, ek is lief vir jou, herinner ek jou ook om in jouself te glo en jouself lief te hê vir wie jy is.
Wanneer mamma spesiale dinge vir jou doen, is dit nie om te hoor dat jy sê "dankie" of om te kyk vir jou waardering nie. Dit is 'n ander manier om te sê ek is lief vir jou. Want dis wat mammas doen.
Wees altyd die mens wie jou verbeelding wens om te wees.
Soms gaan jy wonder hoekom ek jou hemp gestryk het toe jy my nie gevra het nie of hoekom mamma twee aande in 'n ry jou gunsteling kos gemaak het of hoekom mamma altyd seker maak dat jy genoeg warm klere aan het of dat jy hou hoedjie op jou kop het as dit koud is buite of dat jy jou rainboots aanhet as dit nat buite is... Mamma doen al hierdie dinge omdat ek jou klein bietjie wil troos en vreugde gee, selfs al sien jy dit nog nie raak nie.
Ongelukkig my klein superman, kan my liefde vir jou, nie jou foute uitvee nie.
Mamma sal jou nie altyd kan vang voor jy val nie.
Mamma sal jou nie altyd kan beskerm teen hartseer of mislukkings nie.
Maar my liefde vir jou is hoekom ek altyd wil hê wat vir jou die beste is. En terwyl dit dalk goed is, kan dit nie altyd die maklikste wees nie, maar jy kan seker wees dat ek altyd tyd sal hê om jou aan te moedig, te ondersteun of om jou te troos.
Dit maak nie saak hoe ver jy is of hoe oud ons albei word nie...
Dit maak nie saak hoeveel jare verby gaan nie, of hoeveel kinders jy eendag van jou eie gaan hê nie...
Jy, my liefste Marlo, sal altyd die vuur in my hart wees... Die grootste vreugde in my herinneringe... En die rede waarom ek soms wakker en bekommerd bly. Mamma sal jou liefhê op jou gelukkigste dae, ek sal jou liefhê deur jou laagste punte, en ek sal jou liefhê as jy my hart breek. Hierdie liefde van my vir jou, sal duisend verskillende vorms aanneem, maar dit sal nooit verander nie. Dit belowe mamma jou.
Mamma hoop, jy sal altyd weet wat dit beteken as ek sê ek is lief vir jou... vir altyd en altyd!
Van
Jou Mamma xxx
Liefde wat 'n ma vir haar kind het, is onbeskryfbaar... My engel kind, het die ergste al oorleef. Met hierdie blog hoop ek om elke detail van sy lewe te skryf, sodat hy dit self eendag kan lees en kan besef hoe spesiaal hy is.
Wednesday, 15 November 2017
Friday, 6 October 2017
Ek wens ek kon die tyd laat stil staan... Al is dit net vir 'n rukkie!
My liefste klein Marlo....
Vanoggend weer praat my hart tale... woorde wat my siel kielie. Ek dink dan sommer dadelik aan jou. Daar is niks lekkerder in die lewe as om vir jou te skryf nie.
Die laaste paar maande het ons weer soveel besef... Ons het seer gesien, ons het kwaad beleef en ons het vasgehou aan hoop en geloof. Ek en Pappa het weer besef, dat sonder liefde, kan niks oorwin word nie.
Ons lewe in 'n wêreld, waar kwaad en haat in soveel vorms en kleure voorkom. Ons vergeet soms hoe mooi alles om ons is... Ons vergeet soms hoe God alles geskape en gemaak het, met die 'n doel. Soms, gebeur dinge wat ons weer terug bring aarde toe en ons laat besef, dat alles met 'n rede gebeur.
As 'n mamma, is my grootste wens, net dat jy my liewe klein Marlo, gelukkig moet wees. Ek wil goeie dinge nie vir myself hê nie, maar liewer vir jou. Mamma wil hê, jy moet net die beste hê vir jou toekoms pad. Ek wil hê jy moet al die dinge hê wat ek nie gehad het nie. Ek wil hê jy moet 'n beter mens wees, as wat ek ooit was en meer wonderlik as wat ek ooit kon wees.
As Mamma, kan ek net die saad van liefde plant en hoop dat jou sal lei na die mooiste tuin waarop al jou drome kan groei. Ons almal glo in drome... Ons almal het drome. Omring jouself met hoop en geloof, en mamma belowe jou, jou drome sal groei en waar word. Moet nooit ophou droom nie my kind.
Ek wens mamma kon vir altyd vashou aan jou "klein mensie tyd". Met trots vertel jy my dat jy nou in die groot klas is en dat jy nou groot maaitjies het. Dis so kosbaar, maar so hartseer. Mamma wens die tyd kon stadiger loop.... Ek wil jou nie so gou sien groot word nie. Ek wens jy besef, hoe spesiaal elke oomblik saam met jou is. Jy is mamma se alles my kind. Glo en weet dit altyd.
Daar gaan 'n tyd in jou lewe kom, wanneer jy soms van die paaidjie gaan afdwaal. Dis menslik. Dit gebeur met almal. Die geheim egter is om te weet en te besef, dat mens weer koers moet vind. Jou kompas is jou hart, jou hart is jou God. Volg jou God my kind en jy sal altyd bo uit kom.
Soos jy ouer word, wens Mamma ek kon jou leer van alles. Maar ek kan nie my kind, Mamma kan jou net vertel van dit wat ek weet en jou probeer voorberei vir alles wat nog gaan kom.
Die lewe het soveel mooi. Jy gaan nog eendag iemand so oneindig lief hê, dat jou gaan seermaak. Jy gaan vergeet hoe dit voel om kaalvoet op nat gras te loop en om die oggend dou te sien. Jy gaan na die reuk van reen verlang, en sekere mense so mis, dat jyself eendag gaan wens om die tyd terug te draai. Probeer altyd om die "kind wees" in jou hartjie te hou, want dit sal jou leer om die klein dingetjies van die lewe meer te waardeer.
Jy gaan op 'n stadium in jou lewe besef hoe kort die lewe is en jy gaan wens vir meer tyd.
Jy gaan mense leer ken op jou pad, wat 'n toekoms saam jou gaan loop. Jy gaan leer wanneer iemand opreg is, en wanneer iemand nie eerlik is nie. Jy gaan die woord dankie nie meer hoor nie, maar jy gaan dit in hulle ogies sien. Jy gaan met tyd leer wat belangrik is, wie belangrik is, en wie jou liefhet soos ek jou lief het.
Die belangrikste my kind, is dat wanneer oor woordeloos op ons kniee voor God staan, hoef ons nie hardop te bid nie. Soms gaan jy nie woorde hê nie, maar dis ok, want God luister na jou hart. Glo altyd in ander en in jou God... Wees geduldig... Vat kanse my kind... Respekteer elke liewe mens wat oor jou pad loop maar meeste van alles, wees altyd net jouself en opreg! Wees trots op wie jy is en waar jy vandaan kom. Glo altyd in jou hart en in jou eie menswees!
Maar meeste van alles, glo en weet altyd, elke nuwe dag is 'n nuwe kans!
Ek is lief vir jou my klein superman... vir altyd en altyd!
Met al my liefde
Mamma
Vanoggend weer praat my hart tale... woorde wat my siel kielie. Ek dink dan sommer dadelik aan jou. Daar is niks lekkerder in die lewe as om vir jou te skryf nie.
Die laaste paar maande het ons weer soveel besef... Ons het seer gesien, ons het kwaad beleef en ons het vasgehou aan hoop en geloof. Ek en Pappa het weer besef, dat sonder liefde, kan niks oorwin word nie.
Ons lewe in 'n wêreld, waar kwaad en haat in soveel vorms en kleure voorkom. Ons vergeet soms hoe mooi alles om ons is... Ons vergeet soms hoe God alles geskape en gemaak het, met die 'n doel. Soms, gebeur dinge wat ons weer terug bring aarde toe en ons laat besef, dat alles met 'n rede gebeur.
As 'n mamma, is my grootste wens, net dat jy my liewe klein Marlo, gelukkig moet wees. Ek wil goeie dinge nie vir myself hê nie, maar liewer vir jou. Mamma wil hê, jy moet net die beste hê vir jou toekoms pad. Ek wil hê jy moet al die dinge hê wat ek nie gehad het nie. Ek wil hê jy moet 'n beter mens wees, as wat ek ooit was en meer wonderlik as wat ek ooit kon wees.
As Mamma, kan ek net die saad van liefde plant en hoop dat jou sal lei na die mooiste tuin waarop al jou drome kan groei. Ons almal glo in drome... Ons almal het drome. Omring jouself met hoop en geloof, en mamma belowe jou, jou drome sal groei en waar word. Moet nooit ophou droom nie my kind.
Ek wens mamma kon vir altyd vashou aan jou "klein mensie tyd". Met trots vertel jy my dat jy nou in die groot klas is en dat jy nou groot maaitjies het. Dis so kosbaar, maar so hartseer. Mamma wens die tyd kon stadiger loop.... Ek wil jou nie so gou sien groot word nie. Ek wens jy besef, hoe spesiaal elke oomblik saam met jou is. Jy is mamma se alles my kind. Glo en weet dit altyd.
Daar gaan 'n tyd in jou lewe kom, wanneer jy soms van die paaidjie gaan afdwaal. Dis menslik. Dit gebeur met almal. Die geheim egter is om te weet en te besef, dat mens weer koers moet vind. Jou kompas is jou hart, jou hart is jou God. Volg jou God my kind en jy sal altyd bo uit kom.
Soos jy ouer word, wens Mamma ek kon jou leer van alles. Maar ek kan nie my kind, Mamma kan jou net vertel van dit wat ek weet en jou probeer voorberei vir alles wat nog gaan kom.
Die lewe het soveel mooi. Jy gaan nog eendag iemand so oneindig lief hê, dat jou gaan seermaak. Jy gaan vergeet hoe dit voel om kaalvoet op nat gras te loop en om die oggend dou te sien. Jy gaan na die reuk van reen verlang, en sekere mense so mis, dat jyself eendag gaan wens om die tyd terug te draai. Probeer altyd om die "kind wees" in jou hartjie te hou, want dit sal jou leer om die klein dingetjies van die lewe meer te waardeer.
Jy gaan op 'n stadium in jou lewe besef hoe kort die lewe is en jy gaan wens vir meer tyd.
Jy gaan mense leer ken op jou pad, wat 'n toekoms saam jou gaan loop. Jy gaan leer wanneer iemand opreg is, en wanneer iemand nie eerlik is nie. Jy gaan die woord dankie nie meer hoor nie, maar jy gaan dit in hulle ogies sien. Jy gaan met tyd leer wat belangrik is, wie belangrik is, en wie jou liefhet soos ek jou lief het.
Maar meeste van alles, glo en weet altyd, elke nuwe dag is 'n nuwe kans!
Ek is lief vir jou my klein superman... vir altyd en altyd!
Met al my liefde
Mamma
Thursday, 11 May 2017
2 jaar'tjies terug... het ons jou amper verloor...
My liefste liefste Marlo kind...
Vandag skryf mamma vir jou oor iets amazing... Nee wag, eintlik oor iets onbeskryflik amazing... Ek skryf oor JOU... Jy wat my inspirasie is, wat my trots is, jy wat my lewe is.. Jy wat 'n klein little legend is.
Dis al ampertjies 2 jaar terug wat mamma jou amper verloor het... Dis amper 2 jaar terug toe mamma geleer het, wat die krag van gebed en hoe geloof in ons God, 'n mens se lewe kan verander. Dis amper 2 jaar terug, wat mamma op haar kniee gaan sit het en God gesmeek het om plekke met jou te ruil.
My liefste kind, 2 jaar terug die tyd was nie 'n grap nie. Dit was die moeilikste tyd in my lewe. 'n Tyd waar ek gedink het, die lig nie weer sal skyn nie. 'n Tyd waar ek dag na dag net rond gedwaal het soos 'n spook... My lewe het stil gestaan en my trane het nooit opgedroog nie. 'n Tyd wat ek kwaad en hartseer was vir almal en alles. Mamma was nog nooit so verlore soos daai tyd toe ons moes sien hoe jy in die hospitaal baklei vir jou lewe nie. Mamma sou enige iets gegee het om jou net te kon vashou. Ek het God gesmeek om my liewer te vat en om jou lewe te spaar... Ek het God gesmeek om alles asseblief net weer ok te maak. Ek wou met alles wat in my is, jou net optel, jou vashou, jou sien lag.
Maar kom Mamma vertel vir jou die storie, soos ek hom onthou...
Soos God dit beplan het, het Mamma nie daai oggend gaan werk nie. As ek reg onthou het ek 'n migraine of so iets gehad. Ek het die werk laat weet ek sal dit nie kan inmaak nie en nadat jy en Pappa gery het, het mamma terug in die bed geklim. Toe kry Mamma die oproep van Pappa af....

Mamma het
so vinnig soos ek kon, klere aangetrek en hospitaal toe gejaag. Ek het nie geweet wat om te verwag sou ek daaraan kom nie. Ek was omtrent in 'n toestand.
Ek onthou nog,
die arme dametjie agter die toonbank by die hospitaal kon sien iets groot is fout.
Ek onthou nog, toe ek die vorms moes teken, het my hande so gebewe ek het nie
eers my eie handtekening erken nie. Ek het kort kort om die hoek geloer. Ek was
ingelig julle is nog oppad en sou binnekort daar wees. Ek wou skree. Ek wou
huil. Ek wou jou net sien en vashou. Ek wou net my kind sien en weet alles is ok.
Soos dit moes, het ouma my gebel op daai
stadium wat ek hospitaal toe gejaag het. Ouma het dadelik in haar kar geklim en
na jou toe gehaas. Ek was in ‘n toestand en was verlore. Ek dink nie ek het al ooit so baie
gebid het soos daai dag nie.
Ek wou jou net sien, maar die dokters het my nie toegelaat by jou tot
hulle klaar was met hulle ondersoek nie. Ek het op en af en op en af geloop,
dan gesit, dan weer opgestaan, my foon gevat en pappa gebel. Die dokter het
eers gesê sy dink jy het ’n beroerte gehad, want jou linker armpie het glad nie
beweeg nie. Ek kon voel hoe die hol kol op maag net groter en groter word... Niemand het een woord van goeie nuus gegee nie. Alles was die een negatiewe diagnose na die ander... Dit het my gebreek.
“Asb Here help my kind” is al wat ek gebid het, sonder ophou,
sonder twyfel. Terwyl ek, ouma en jou juffrou angstig in die wagkamer gesit en
wag het op nuus oor jou, het jou juffrou vir my soveel keer verduidelik wat gebeur het. Ek het probeer kop hou, probeer verstaan, maar my gedagtes was by
jou. Ek kan tot vandag nie presies onthou wat gebeur het met jou nie. Op daai
stadium het ek gesien hoe pappa met ‘n storm in die hospitaal se gang afloop.
Daai drukkie was, wat my staande gehou het. Dit het vir my gevoel asof ek net
daar en dan nie meer verder krag gehad het, vir dit wat kon kom nie. Maar soos gewoonlik soos Pappa maar altyd doen, het hy my getroos en moed ingepraat.
Jou klein lyfie was vol naalde, plakkers en drade. Ek het net na jou lyfie
gestaar. Ek kon nie glo wat ek voor my gesien het nie. Jy het glad nie gereageer nie. My wêreld het in mekaar gestort en alles om my het gaan stil staan. Ek het
gebid my kind, vir jou, vir my en vir pappa. Ek het God gesmeek om jou net
terug te gee. Ek gee nie om watter skade jy sou oorhou nie, ek wou jou net
terug hê. Ek wou met jou plekke ruil. Ek wou met alles wat in my is, jou net lewe
gee en jou ogies sien oopgaan. Ek wou jou optel, jou kielie tot jy lag. Maar ek
kon nie. Die klein seuntjie wat daar gelê het, was amper soos ‘n vreemdeling. Geen
beweging nie. Net jou asemhaling was vir ons ‘n teken dat jy lewe... Dit was
ons hoop. Dit was ons krag.
Ek
weet nie waar mamma die krag gekry het daai dag nie, maar ek het net probeer
kophou. Om te sien dat jou lewe afgehang het, van die kennis wat ‘n dokter en
mediese personeel het, is soveel meer moeiliker om te aanvaar en te verstaan as enige iets anders. Ek wou jou
help. Mamma wou dit vir jou beter maak. Maar ek kon nie my kind, al wou ek hoe graag.
Ons het inspanning gewag vir antwoorde van die dokter af. "Gaan ons seuntjie ok wees?" "Gaan ons hom binnekort kan vashou?" "Wanneer kan ons jou
huistoe vat?" Ek weet nie presies hoe lank dit geduur het nie, maar toe die
dokter ons weer sien, het sy net gesê jy moet dadelik ICU toe gaan. Ons was
meegedeel dat indien jy sou oorleef, sou jy maande lank in die hospitaal wees.
Jy was so klein, so onskuldig. Soveel toetse is op jou gedoen... Mamma het so verskriklik gehuil my engel kind... vir jou seer, vir ons seer...
Daai eerste aand toe moes jy teater toe gaan. Hulle wou seker maak dat al die kossies uit
jou longe is. Jy het daai aand so rustig gelê terwyl hulle jou in jou hospitaal
bedjie teater toe gestoot het. Mamma and pappa het inspanning gewag vir jou om
terug te kom... Dit was goeie nuus, daar wees geen kossies in jou longe oor wat
jou verder kon siek maak nie. Dit was die eerste keer daai dag wat ons goeie nuus oor jou gekry het.
Jy was terug na die ICU saal toe... dit was een van die moeilikste dinge gewees om jou
daar te los... Mamma wou nie... Mamma wou langs jou inkruip. Mamma wou daar wag
tot jy wakker word sodat ek weer jou gesiggie kon sien lag as ek jou voete
kielie. Maar die hospitaal reels was streng. Ons kon onder geen omstandighede by jou bly
nie. Ons mag jou eers weer die volgende oggend elfuur gesien het... Om jou daar
te gelos het, was my breekpunt. Pappa het my net styfvas gehou soos ons in die gang
afgeloop het.Toe die ICU saal se deur agter my toegemaak het, het dit gevoel
asof ek jou klaar verloor het. Mamma wou jou regtig nie daar los nie.
Dis verbasend hoe stil die huis sonder jou was... Mamma het nooit besef
hoeveel stilte daar is, as jou laggie nie deur die huis gehoor word nie. Mamma
kan net onthou, ek het so baie gehuil... Pappa het getroos, terwyl sy eie trane
oor sy wange gerol het... Ek het vir pappa soveel keer gevra “Hoe is dit
moontlik?”. “Hoeveel pyn en seer moet ons nog verduur?”
Na 2 daggies in die hospitaal wou jy steeds nie wakker word nie... Die dokter was bekommerd. Hulle het 'n MRI gedoen en dit het gewys jy het bloedspikkels op die brein en daar was baie bloed agter jou ogies. Jy het ook konvulsies begin kry. Jou koors het die hoogtes ingeskiet. Die een spesialis na die ander het jou kom ondersoek. Hulle het jou hartjie gemonitor, jou brein golwe, jou asemhaling en jou bloeddruk. Dit was die een toets na die ander.
Jou dokter het ons gebel en gevra ons moet haar gaan sien by haar spreek kamer. Daai dag was seker een van die ergste oomblikke van my lewe. Jou dokter het ons ingelig dat dinge nie goed lyk nie. Ons moes ons voorberei op die ergste... Mamma wou net daar en dan nie meer lewe nie, want hoe lewe 'n mamma sonder haar klein seuntjie? Hoe aanvaar 'n mamma so iets?
Die dokter het gesê daar sal 'n 90% kans wees dat jy gaan blind wees, want die bloed agter jou ogies is net te veel. Jy sou vir 'n baie baie lang tyd op medikasie moes wees om die konvulsies te keer, wat ons dan eers sou weet of jy nog konvulsies gaan kry of nie. Hulle moes vir jou kossies gegee het deur 'n voedingsbuis wat deur jou neuse geloop het na jou magie toe. Dit was vir ons baie erg my kind. Ons het nie meer geweet wat om te doen of hoe om te voel nie.
My kind... In die tydjie wat jy in die hospitaal was, het soveel mense vir jou gebid. Soveel mense het in die aande vir jou kersies aangesteek en vir jou gebid. Mense wat ons nie geken het nie, het vir jou boodskappies gestuur. Een aand, toe ek Pappa met besoek tyd by die hospitaal aankom, sien ons 'n klomp bikers daar staan... Min wetend dat hulle daar was vir jou. Die Pastoor, (Pastoor Klein Koos) het so bietjie met ons gesels, uitgevind wat gebeur het, en dadelik geweet, dat gebed die enigste medisyne vir jou en vir ons sou wees. Net God kon jou red my kind. Jy het nog nie eenkeer vandat jy in die hospitaal was, jou ogies oopgemaak nie. Ons het nie eenkeer jou groot blou ogies sien glimlag nie. Ons was bang, want ons het nie geweet of jy dit sou oorleef nie. Daai aand, (so bang soos mens maar gewoonlik vir bikers is) het hulle almal 'n sirkel om ons gemaak en die Pastoor het vir ons gebid. Die Pastoor het ons daai aand die Woord van God laat verstaan, laat glo en ons het besef dis ons wat nou op God moet vertrou... Die Pastoor het gesê, as ons daai aand langs jou bedjie staan, moet ons, ons handjie op jou kop neersit en vir jou bid. Ons moet God vra om jou te genees en ons moet GLO dat God jou gaan genees.
My kind, besoek tyd was amper verby... Ek onthou nog, Pappa het sy handjie op jou kop gesit, sy ogies toegemaak en saggies gebid. Sy lippe het gebewe, want die emosies wat ons daai aand gevoel het, is onbeskryflik. Ek het my ogies saam toegemaak. Net voordat ek Pappa jou wou nag soen, toe maak jou jy ogies vir die eerste keer oop. God het gewerk met jou, op elke moontlike manier. Dis toe wat mamma besef het, dis net God wat in beheer is.... Pastoor en die res van die bikers maatjies het vir jou kom bid my kind, wat hulle het geweet God sou alles weer reg maak.
Elke liewe dag het jy bietjie beter en bietjie beter geword... Twee weke later, kon ons jou huistoe vat. En die beste van alles... Jy my kind, makeer vandag niks nie. Jy kan sien en is nie blind nie. Jy is op geen medikasie nie. Jy is 'n normale 2 jarige seuntjie, soos enige ander. Hoe amazing is ons God nie?
Jy sien klein Marlo, jy is hier vir ‘n rede. Een wat net ek en jy en
pappa sal verstaan. God het geweet ons het jou in ons lewe nodig. God het 'n plan van die begin af gehad. Ons moes net eers aanvaar en op God vertrou.
Dis ‘n hartseer verhaal, wat eindig in iets mooi, in iets waar en eerlik. Ek hoop eendag sal jy hierdie storie lees en besef hoe spesiaal jy is. Daar is nog so baie om te vertel, briefies en prentjies om jou te wys, maar dit kan wag tot jy 'n bietjie groter is...

En kyk nou net waar is jy vandag... Jy word al amper 3 jaartjies oud... So klein soos jy is my kind, kan jy al onderskei tussen 'n kar, 'n trok, 'n bus en "lorrie". In jou eie babataal tel jy al 1 - 2 - 3... a - b - c ... Jy weet al van wat is gesiggie was en tande borsel... Jou gunsteling liedjies sing jy sommer al volle bors uit... Jy het al soveel bereik my engel kind. Soms wonder hierdie mamma van jou nie of die tyd te vinnig verby gaan nie. Mamma wens jy wil altyd net my babatjie bly.
Jou verhaal is een van seer, maar ook van geluk my kind. Jy gaan nog eendag besef hoekom ons God jou gespaar het... Jy gaan nog jou wonderwerk kan deel met mense wat oor jou pad gaan kom, en jy my kind, gaan hulle laat glo in ons God, met jou storie.
Jy is hier vir 'n rede my kind... God het nog lank nie, jou storie klaar geskryf nie!
Jy is mamma en pappa se hart se punt. Jy is die opkikkering in ons huis. Jou boetie en sussie is jou alles... Jy is op daai stadium waar jy al self na hulle soek as hulle nie by ons is nie... Dis so pragtig om te sien dat julle drie'tjies 'n band van liefde en familie bou op so jong ouderdom. Dis so mooi om te sien, watter verskil elkeen van julle in mekaar en in ons lewe maak.
Wees altyd, die sterk mens my kind. Jy het op so klein ouderdom, soveel oorkom en soveel aangepak. Jy het bly veg en jy het gewen. Ek hoop jy sal onthou om nooit ooit op te gee nie, maak nie saak hoe moeilik die pad vorentoe is nie. Jy is en sal altyd 'n wenner wees. Moet nooit in jouself twyfel nie en moet nooit in jou God twyfel nie. Wees altyd bedagsaam, bid en wees net jouself... Die ander stukkies van die puzzle van jou lewe sal vanself in plek val. God, sal jou dra deur moeilike, gelukkig en hartseer tye. Mamma en Pappa sal altyd daar wees... Maak nie saak wat nie.
Dankie my klein superman, vir die pragtige kind wat jy is. Dankie dat jy daai tyd nooit opgegee het nie, maar aanhou veg het... Jy is my little legend, my held!
Met al my liefde,
Jou nommer een "fan"...
Mamma
♥♥♥

Tuesday, 18 April 2017
Jy beteken meer vir my as wat jy ooit sal kan verstaan...
My liefste Marlo engel kind...
Elke oggend, maak ek 'n wens... 'n Wens dat mamma elke dag ietsie meer vir jou kan doen. Elke oggend bid ek vir jou my kind. Ek bid dat God jou sal beskerm, jou sal vashou met Sy amazing liefde en dat Hy jou veilig sal hou, tot ek jou weer in my skoot kan laat sit. Ek bid dat God, jou en pappa elke oomblik van die dag sal inspireer en julle sal omvou.
Mamma weet nie hoe anders om vir jou te vertel hoe lief ek vir jou is nie. Jy is nog so klein. My woorde nou, beteken vir jou niks, want jy verstaan nog nie regtig nie. Daarom dat mamma so baie vir jou probeer skryf. Eendag, lees jy dalk hierdie briefie en voel jy, my liefde is en was nog altyd net waar en eerlik.
Saam met jou in alles net anders...Die lewe is mooi en spelerig. Mamma wil saam met jou kaalvoet in die sand speel. Ek wil klippies saam met jou bou tot dit soos kastele lyk. Ek wil elke gogga'tjie saam met jou verken. Ons moet modder koekies maak, tot ons vingers kliphard word van al modder. Ek wil saam met jou bommelakiesies maak op die gras en vrot eier speel, tot ons moeg gehardloop is.
Ek wil jou optel en vashou...jou versmoor met al my soentjies en jou drukkies gee tot jy nie meer kan lag nie. Mamma wil spoegies aan jou eina smeer. Ek wil jou net lief hê my kind. Niks minder as dit sal ooit goed genoeg vir jou wees nie. Moet nooit ooit die minste verwag van enige iemand af nie. Jy verdien net die beste.
Elke traan wat jy huil, pluk aan my hart. Ek wens ek kan elke eina net wegvat. Ek weet ek moet soms raas. Dis nie lekker nie en mamma is jammer daaroor. Mamma haat dit ook, maar my liefste kind, seblief weet, ek doen dit omdat ek vir jou lief is. Mamma probeer net die beste mamma vir jou wees.
Mamma wil huil hier waar ek sit, want ek mis jou so baie. Ek mis jou armpies om my nek en jou geselsies. Ek mis jou lag. In my gedagtes sien ek jou staan by die koffie tafel... al jou karretjies gepak in 'n ry soos jy elke dag maak. Ek sien hoe jy jou een voetjie oor die ander een sit and jou "vroom vroom" geluidjies maak. Soms, "crash" die karretjies en tel jy hulle maar op en pak hulle weer in 'n ry.
Ek kan vir ure na jou kyk as jy so rugstig slaap. Soms raak jy sommer op mamma se skoot aan die slaap. Soms, vat jy my handjie en dan moet ek eers bietjie by jou gaan lê. Jou lang oogwimpers laat my so aan jou pappa dink. Dis die mooiste mooi.
Jou glimlag is my lewe. Weet jy hoeveel moed en liefde gee jy deur net te glimlag? Weet jy joe spesiaal is dit, wanneer jy net mamma se handjie vashou terwyl jy op my skoot sit? Jy is my bestaan my kind. Elke liewe dingetjie wat jy doen, wat jy sê, hoe jy lag, hoe jy jou vurkie vashou terwyl jy eet, is wat mamma, maak wie ek vandag is. Ek lewe vir elke oomblik saam met jou. Mamma is so verskriklik trots op jou.
Jy het mamma se lewe verander... Jy het alles wat lelik was, so mooi gemaak.
Jy het geluk gebring.
Jou liefde wat so onophoudelik my daaglikse noodsaaklikheid geword, want sonder jou, is ek nie wie ek is nie en ek mis jou elke sekonde van elke minuut, van elke uur van elke dag as ons nie saam is nie.
Alles saam met jou, is net soveel mooier, soveel meer gelukkiger, soveel beter.
Mamma weet nie wat ek sal doen sonder jou en pappa nie. My lewe sal stilstaan, my bestaan tot sterwe kom. Want julle is my alles. Weet dit altyd.
Ek is lief vir jou my kind... Vir altyd en nog 'n bietjie meer. Ek belowe.
Met al my liefde...
Jou mamma

Thursday, 30 March 2017
Probeer altyd die mooi raak sien my kind...
My liefste Marlo engel kind...
Waardering, geluk, hoop en liefde, is die gevoelens wat jou rots word. Jy sien my kind, mens kan nie daarsonder lewe nie. Mens begin leef vir daai geluk, liefde, sukses en geloof. Ons leef in wêreld waar daaglikse roetines mens se lewe begin oorheers. Ek weet dis nie iets wat jy nou al verstaan nie, maar dis iets wat deel van jou lewe gaan word. Daar is geen keer aan dit nie.
Dis die agterkant van die prentjie, wat soms die vaalste lyk, maar eintlik is dit presies waar elkeen van ons, ons fokus moet plaas. Want net jy my kind, kan die vaal kant omskep in iets mooi. Ons vergeet soms van die belangrikste, en laat toe dat daaglikse takies ons menswees oorneem.
Seisone verander... emosies vreet ons op... Soms voel ons binneste leeg.. Ons verlang dan na die onbekende, na mense wat ons nie eers ken nie. Tog, is alles in jou lewe, presies soos God dit beplan het. Moet nooit in God se plan twyfel nie. Ons besef dit net nie altyd nie. Ons vergeet ons is hier, omdat God ons hier nodig het. Dis menslik om soms te vergeet elkeen het 'n doel. Dis menslik om soms van die paaidjie af te wandel... Dis die mense wat jy in jou lewe het, wat jou terug bring en jou lewe weer verander in iets mooi en eerlik. Hou vas aan daai mense my engel kind... Dis hulle wat jou lewe soveel plesier gee.
My kind, jou hartjie is nog so klein, jou persoonlikheid nog so on-ontwikkel. Party dae wil mamma jou net vashou en jou soen tot jy nie meer soene wil hê nie. Mamma is so oneindig lief vir jou!
Jy bring soveel liefde, waardering en eerlikheid.
Jou binnemondse geselsies, bring vertroosing, geluk en geduld.
Jou handjies wat my nekkie omvou, bring vrede en trots.
Jou glimlag, bring ruste in my wêreld, waar stres en 'n jaag die hoogtepunt van elke dag is.
Wanneer jou vingertjies my gesiggie streel en vashou, is my geluk onbeskryfbaar.
Wanneer jy elke middag hardloop sodat ek jou kan optel na 'n daggie by die skool, borrel die opgewondenheid hier binne in my! Mamma bid elke dag om, net sodat ek jou weer kan sien.
Dankie my kind, dat jy my so lief het, dat dit soms voel of niks anders saak maak nie.
Jy is die juweel van my hart... Die mooi van die lewe sien ek in jou ogies elke dag... Jy hou my getrou aan myself en aan ons God. Jy laat my glo in die onbekende. Jy is, meer as genoeg vir my. Jy is alles wat ek nog ooit nodig gehad het.
Mamma is jou grootste "fan". Ek kan ure luister na jou geselsies en deesdae probeer jy sing. Dis so spesiaal. Ek wens die lewe kon net vir daai oomblik bietjie stilstaan. Sodat mamma dit nooit ooit sal vergeet nie. Mamma koester daai oomblikke!
Ek is lief vir jou my kind... Met alles wat ek is, alles wat ek het en alles waarvoor ek lewe. Moet dit nooit vergeet nie.
Met al my liefde...
Jou mamma ♥

Thursday, 9 March 2017
Bemeester jou foute my kind, dit sal jou leer wat die realiteit van die lewe is...
My liefste Marlo engelkind...
Mamma
sê vanoggend ‘n ekstra lang gebedjie vir jou my kind. Ek het gisteraand
gesukkel om te slaap, dinge pla. Dis daai tipe dinge waar mens na jou kyk en jy
sommer hartseer voel want Mamma weet ek kan nie altyd alles vir jou doen en jou
beskerm nie.
Mamma
wens ek kan jou paadjie vir jou uitkerf. Mamma sal seker maak, dat jou grondpad vol roosblaartjies gestrooi
is, voor jy enige verdere tree vat. Mamma sal die lelike grondpat se klippe
optel en gate toe gooi, sodat jou pad vir altyd gelyk is, sonder dat jy moet
struikel of val. Mamma wens ek kan vir jou net die beste belowe en die meeste
geluk op aarde bring, maar ek kan nie my kind, al wil ek hoe graag. Al wat
Mamma kan doen is om vir jou te bid en jou te probeer grootmaak na die beste
wat ek kan. God het jou toevertrou aan my en Pappa. Dis ‘n groot massiewe taak,
maar tog so lekker. Ek sal jou vir niks in die wêreld verruil nie. Jy my kind,
het my geleer wat ware geluk is.
Jy vul ons huisie met die geluide van jou
skaterlag, dit ego sommer elke vertrek deur. Dit gee daai warm
gevoel, een wat net ‘n Mamma sal kan verstaan. Jy, omring my siel, my hart, my
woorde, met jou klein persoonlikheid. Jy bring geluk... ware geluk wat net ‘n
ouer sal verstaan. Dankie my kind, dat jy my lewe so opkikker met jou uit-jou-maag-uit
lag, laf wees oomblikke en sê-goedjies... Jy maak van hierdie Mamma ‘n beter
mens.
Mamma wens ek kan jou belowe dat elke nuwe
dag, net beter gaan wees. Ek wens ek kan keer wanneer seer op jou pad gaan kom.
Mamma wens, jou eerste meisie gaan nooit jou hart breek
nie. Maar ek kan nie my kind. Mamma kan maar net altyd daar vir jou probeer
wees en jou raad gee en drukkies gee. Ek wens ek kon jou vir altyd by my hou,
waar dit veilig is en waar teleurstelling nie ‘n definisie het nie, sodat jy
nooit bang sal wees om iets aan te pak nie en nooit sal hoef te worry oor seer
kry nie.
Maar ongelukkig my liewe klein Marlo, is
dit nie hoe die lewe werk nie. Die pleister op jou knieg, is al wat Mamma kan
op plak nadat jy geval het. Mamma kan nie ‘n eina net sommer wegvat nie.
Wanneer jy ‘n knop op jou kop kry oor jy hom teen iets gestamp het, kan mamma
jou maar net ‘n sakkie ys gee en jou help om die pyn minder te maak. Mamma kan
nie die knop wegvat of die pyn laat ophou nie. Maar meeste van alles, wens ek,
die een ding wat ek kan doen, is om te keer dat jou klein hartjie nooit ooit
sal seer kry nie en geen litteteken sal dra nie. Mag jou klein hartjie nooit
gebreek word nie my kind. Mag jou menswees nooit die donker van die lewe raak
sien of beleef nie. Mag die blootstelling aan seerkry, jou leer, dis ok om
hartseer te wees... Dis ok, ek belowe.
Ek bid, dat jy altyd sal weet, dat maak nie
saak hoeveel keer jy val nie, opstaan is die enigste opsie. Bemeester jou foute
my kind, dit sal jou leer wat die realiteit van die lewe is... Elke bietjie
seer en elke bietjie sukkel, leer jou en omskep jou in iemand soveel beter en meer
waardig. Teleurstellings het oorkombare definies, eintlik baie, want vir elke
probleem is daar ‘n oplossing. Seer en
sukkel, is nooit die einde nie... Dis die begin, van iets soveel beter. Glo
altyd in jou menswees.. Jou ysblou ogies, spreek die woorde wat jou siel
fluister. En wat ek in jou ogies raaksien is woorde van liefde, hoop en geluk.
Ons almal het ‘n verval datum my
kind... Niks is gewaarborg nie. Ons is vir mekaar geleen, en moet al die tye,
gelukkige en ongelukkige tye verduur om mekaar te waardeer. Elke mens het iets
goed en mooi in hulle hartjie... Jy moet dit net raaksien. Almal is tog kinders
van God. Probeer asseblief om altyd die mooi raak te sien, in elke mens wat oor
jou pad gaan kom. Jy sal hulle meer waardeer.
Solank as wat God my toelaat, sal ek jou mamma wees. Mamma sal altyd jou vashou, drukkies en liefde gee, vir solank as wat ek lewe, want dis my werk, dis my plig en dis my roeping. Dis vir my so lekker om jou mamma te wees. Dankie my kind, dat jy vir my so lief is en jou armpies altyd om my nek gooi. Dankie dat jy aande op my skoot kom sit, jou handjies om my wange vou en my net soentjies gee. My hart is vir altyd joune.

Onthou, ek is baie lief vir jou my engelkind...
Sonder enige termes of voorwaardes... Dis net pleinweg
ware onophoudelike liefde... Vir altyd en nog ‘n bietjie meer.
Met
al my tonne en tonne liefde,
Jou Mamma
xxx
Wednesday, 11 January 2017
Glo in my, soos ek in jou glo my kind...
Liefste Marlo,
Mamma se hartjie fluister vanoggend weer gevoelens, wat ek wens ek kan neersit op papier. Ek is in trane my kind. Ek mis jou vandag so baie. Mamma voel vandag sommer net leeg, want my verlange na jou, is erger as wat ek dit nog ooit beleef het. Mamma is jammer ek het so lank laas vir jou ietsie geskryf, dinge was die laaste rukkie net baie dol... Skiesie my superman.
Vanoggend weer sien ek jou gesiggie in my gedagtes, dis asof ek heeldag kan sit en dag droom oor jou. Ek wens woorde kon beskryf hoe ek nou voel. Solank jy asseblief net altyd weet, dat mamma aan jou dink elke sekonde van elke minuut, sonder ophou wanneer ons nie bymekaar is nie. Ek sal nooit my lewe kan indink sonder jou nie. En al weet ek jy is net geleen vir ons en dat jy God se kind is, troos dit my om te weet, dat jy my en pappa se kind is om groot te maak met oneindige liefde en drukkies.
Min mammas vertel of praat van die moeilike tye. Mamma voel vandag hulpeloos, amper asof ek nie 'n goed genoeg mamma vir jou is nie. Jy is twee jaartjies oud... Jou hele menswees is besig om te ontwikkel, om jou in die mens te verander wie jy eendag gaan wees. As ek weer kyk, klim jy op die koffie tafel en moet mamma raas. Wanneer ek raas, kom daai streke van jou. Ek is jammer mamma moet raas. Ek is jammer as jy so huil as ek raas, omdat ek voel ek moet optree na die beste wat ek kan, sodat jy nooit sal onnodig seer kry nie. Maar wat jy vergeet my engel kind, is dat nadat jy verstik het by die skool, het mamma 'n belofte aan jou gemaak. Mamma het jou belowe dat ek jou vir altyd sal veilig hou en jou net die beste sal gee. As ek jou nie oppas en raas wanneer dit nodig is nie, watter tipe mamma sal ek dan wees? Wie gaan jou anders leer van wat is reg en wat is verkeerd?
Soms wanneer jy net moeilik is, probeer mamma verstaan dat jy, so klein soos jy is, dalk ook net nie 'n lekker dag gehad het nie of dalk net nie lekker voel nie. Dalk het jy te min geslaap. Dalk pla jou tande. Of dalk is jy maar net soos ek, en wil soms net op jou eie speel en besig bly. Maar ek weet altyd, die volgende dag gaan dit beter gaan. En ek weet, jy sal sommer gou weer jou armpies om my nekkie gooi en my soen terwyl daai ogies van jou flikker.
Die laaste twee maande wat verby is, is 'n tydperk wat ek nooit ooit sal kan vergeet nie. Mamma besef nou, hoe vinnig groot jy word. En dis hartseer, want mamma wil hê jy moet net nog 'n rukkie klein bly... Ek is so bang vir daai dag wanneer jy die ouderdom gaan bereik, waar jy jou mondjie afvee omdat ek jou soen en wil liefies gee of wanneer jy nie meer op my skoot gaan wil sit nie maar eerder wil gaan rondhardloop en goggas soek. Dis nou so lekker engel, dis amper byna perfekte oomblikke. Dis oomblikke wat mamma koester, wat ek vir altyd in my hartjie sal hou.
Partykeer wanneer ek so baie na jou verlang, gaan lees ek alles wat ek al ooit geskryf het en gaan kyk ek na al jou foto's. Vanoggend het ek die stories weer gaan lees en die koerant berigte van toe jy ampertjies nie meer hier was nie... Maar jy is mos 'n regte 'Van Der Westhuizen'. Julle ken niks anders as om sterk te staan en terug te baklei nie. Mamma onthou daai 'vrees in my hart' gevoel... Daai moedeloosheid.... Daai oneindige hartseer en trane... Maar, mamma onthou meeste van alles, die lekker warm gevoel in my hart, toe ons besef jy gaan ok wees. Dit het gevoel soos 'n nuwe begin... Asof ons die kwaad en hartseer vir eens en vir altyd agter ons kon sit. Jy my kind, moet altyd onthou, God het jou gespaar vir 'n rede. Slegs jy, sal eendag weet hoekom en jy sal dit dadelik sommer weet ook wanneer God jou op die regte oomblik, op die regte plek het.
Sekere goed gebeur vir 'n rede... Ons verstaan dit nie altyd nie, maar ons moet altyd bly GLO. Onthou dit altyd my liefie kind en dat God jou so oneindig lief het, dat jy nooit ooit sal hoef te twyfel of daar ooit regtig vir jou doel op hierdie aarde is nie. God is jou doel... God het jou gespaar my kind vir 'n rede. Die lewe wat ons leef is die sprokies verhaal wat ons vir HOM skryf.
Mamma kry sommer weer daai knop in my keel terwyl ek hier sit en vir jou skryf. Ek wens ek kan alles in jou lewe beheer. Ek wens ek kan elke seerkry wat jy nog gaan moet beleef keer, maar meeste van alles, ek wens jy besef en verstaan dat mamma jou so baie lief het, dat dit eintlik seer maak. JY IS 'N GESKENK VAN GOD AF MY KIND... JY IS MY MOED, MY LEWE, MY HOOP, MY ONEINDIGE LIEFDE! Moet nooit ooit dink jy is alleen nie, want glo my jy is nie en sal nooit wees nie. Jy, my kind het 'n persoonlikheid wat ander mense sommer dadelik na jou toe aantrek. So klein soos jy is, geniet jy enige geselsie wat iemand met jou wil deel. Mamma is so trots op jou my engel kind. Jy is meer as wat ek ooit voor sou kon hoop. Jy gaan eendag alles wees, wat enige mamma sal wil wens haar seun moet wees! Bly net altyd op die regte pad en die res sal in plek val. Dit belowe ek jou!
Een van my wense vir jou is, dat jou lewe omring sal wees deur mense wat waardig, eerlik en opreg is. Vriende wat jou sal staande hou wanneer jy voel jy is alleen of wanneer dinge moeilik gaan. Familie op wie se knoppie jy sommer dadelik kan druk... Mamma hoop jy sal eendag besef hoe belangrik mense is en dat jy almal altyd met respek en waardigheid sal hanteer.
Ek is lief vir jou kind. Meer as wat hierdie moederhart ooit vir jou sal kan verduidelik. Mamma vra jou asseblief mooi, dat jy eendag nooit sal twyfel oor hoe lief ek en pappa jou het nie. Maak nie saak wat in die toekoms gebeur nie, of as ons moet raas omdat jy nie jou huiswerk gedoen het nie of dalk met die verkeerde mense deurmekaar geraak of wat ookal... Alles wat ons doen en elke keer wat ons raas en praat, weet asseblief ons doen dit, omdat ons jou so verskriklik oneindig baie lief het! Ons soek net die beste vir jou en vir solank as wat hierdie mamma van jou op hierdie aarde is en nog jou mamma is, sal ek enige iets vir jou doen, en altyd net my beste gee. Mamma vra jou net, glo in my, soos ek in jou glo.
Lief jou vir altyd my superman, sonder ophou. Dankie vir die pragtige seuntjie kind wat jy is. Jy is my trots!
Met al my liefde,
Jou mamma xxx

Subscribe to:
Posts (Atom)